Saturday, October 13, 2007

Gr 10 PAT - Phase 1

I met a CAT teacher who was so dankbaar vir al die opmerkings vanaf die blog post ‘Gr 10 PAT - Phase 1’ (11 October). Sy sé sy het amper dieselfde opmerkings gemaak. Sy was dankbaar om te sien dat haar kinders om en by dieselfde as myne was.

1 comment:

Anonymous said...

Dagsê Pat

Jy het hier te doen met 'n juffrou van so om en by 54 jaar oud. Vir baie jare het ek die Tik aangebied, so om en by 20 jaar.

Tans hou ek skool by Hoërskool George Hofmeyr te Standerton. Dit is 'n kindersorgskool, in die ou taal, 'n nywerheidskool.

Die afgelope tyd het ons die vakke Rekenaar en Tik (N2) en Inligtingverwerking (N3)aangebied.

Hierdie jaar is dus die eerste maal wat ons te doen gekry het met RTT in gr. 10 en gr. 11.

Sover het ek en my kollega nog maar net so rondgehap en probeer om maar leiding vanaf ons handboeke te kry en ook biejtie gekry op internet.

Ek waardeer dit baie om bietjie meer inligting op jou blog te kry.
Wat is die moontlikheid dat jy vir my asseblief net 'n voorbeeld van hoe jy 'n aktiwiteit assesseer, te laat kry. Ek sal graag wil sien of ek op die regte spoor is.

Die inligting t.o.v. die projek word baie waardeer dit help my en my kollega baie om te sien wat julle doen.

Indien jy weet van 'n kursus wat ons kan bywoon oor alles ingesluit van RTT, sal ons dit baie waardeer.

My e-mail adres: shorty@intekom.co.za

Baie dankie
ANNA NEL