Monday, June 16, 2008

Gr 12 Practical

Many teachers said that their learners did not finish the practical.

Die feit is: 200 punte se werk moet in 3 ure afgehandel kan word. Dit geld ook vir die eindeksamen.

Dit beteken:

Leerders moet in die eerste plek hul werk ken.
  • As ‘n Gr 12-leerder nie meer mooi onthou hoe al die soorte tabs werk nie, moet hy/sy dit maar weer gaan verken en oefen voor sy praktiese vraestel.
Leerders moenie tyd mors gedurende die prakties nie.
  • Daar is nie tyd in ‘n vraestel om 10 minute te sukkel om iets wat dalk 2 punte tel reg te kry nie! Gestel ‘n bladsynommer (Page X of Y) moet ingevoeg word maar nie op die eerste bladsy vertoon word nie. As ‘n leerder dit nie dadelik regkry nie, moet hy/sy eerder aangaan met die vraestel en nie tyd daarmee mors nie.
Van nou tot die einde van die jaar, moet leerders die prakties OEFEN. Module 6.3 van Computers, part of your life – Book 3, bevat uitstekende oefeninge vir die inoefen van vaardighede.

No comments: